Skrywersfokus

Elsa Winckler

Biografiese inligting

Elsa Winckler is in 1953 op Upington gebore. Sy het matrikuleer aan die Hoërskool Upington waarna sy haar op Wellington gekwalifiseer het as laerskoolonderwyser. Sy het op veertig weer begin studeer en het ’n BA deur Unisa voltooi, en later ’n honneursgraad in Engels en ’n MPhil in Dokumentanalise en -ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch.

Sy het van 1997 tot 2010 heeltyds by die US gewerk as administratiewe beampte by die departement Engels. Tans skryf sy heeltyds. Sy is getroud en het drie kinders.

Haar eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock (LAPA) het ’n 2010 Woordveertjie ontvang. Nog liefdesverhale het gevolg. Van altyd af was haar eerste vir Satyn.

Sy woon in Bettysbaai.

Boeke deur hierdie skrywer

Van altyd af (ePub) Te eenders, te anders (ePub) Tydlose liefde (ePub) Om Amelie se tafel Liefde in laslap

Skrywerslys

  • Bladsy
  • 1 |
<< | >>