Skrywersfokus

Amelia Strydom

Biografiese inligting

Amelia Strydom is in 1974 in Johannesburg gebore. Sy het in Gauteng grootgeword in ‘n huisgesin wat rondom boeke gedraai het. Haar pa was ‘n skrywer van jeugverhale en haar ma ‘n ywerige leser wat haar van kleinsaf storie-verslaaf gemaak het.

Amelia het altyd aangeneem dat sy eendag van die stories wat haar snags wakker hou, sou neerskryf. Sy het haar Honneursgraad in Godsdienswetenskap aan UNISA behaal omdat die alledaagse wonderwerk van menswees haar fassineer.

In 2008 het haar beroep ‘n nuwe wending geneem toe sy by ‘n geboorte-eenheid begin werk het, waar sy bevoorreg genoeg is om eerstehands wonderwerke te aanskou. Amelia en die liefde van haar lewe woon op ‘n plot buite Pretoria in ‘n huis wat wemel van kinders, diere en boeke.

Boeke deur hierdie skrywer

Bosveldliefde vir Jemma (eBook) Droomdokter (ePub) Bella se skaduwee Bella se skaduwee (ePub) Lang pad na liefde