Skrywersfokus

Maretha Maartens

Biografiese inligting

Maretha Maartens is op 22 Junie 1945 in Bloemfontein gebore. Sy word groot op Jacobsdal en Petrusburg. Sy studeer aan die Universiteite van die Vrystaat en Stellenbosch, en volg ook van 1967 tot 1969 ’n diplomakursus in verpleging. Haar man, Hennie, is ’n predikant en hulle het in Oos-Londen, Welkom en Bloemfontein gewoon.

Maretha was van 1998 tot 2000 die redakteur van die tydskrif Finesse. Sy het al meer as 90 boeke geskryf wat insluit romans, liefdesverhale, kinderboeke, jeugboeke, tienerboeke, godsdienstige boeke en geestelike dagboeke. Maretha is al vier keer met die Sanlamprys vir jeuglektuur bekroon vir boeke soos Die sakmense, Oor die nek van die draak en Plek van dolfyne. Haar opspraakwekkende roman, ’n Pot vol winter, is in 1989 met die Andrew Murray-toekenning bekroon.

Het jy geweet? 

· Haar jeugroman, Die inkvoël, is in 1988 deur die Internasionale Jeugbiblioteek in München aangewys as ’n White Raven Book. Hulle kies 400 boeke uit sowat 30 000 kinder- en jeugboeke van oor die hele wêreld.
· ’n Pot vol winter is in 1992 verfilm met Christel Smith en Francois Coertze in die hoofrolle.
· Maretha se roman Jacoba Afrikaner was in 2001 op die kortlys van die Sanlam/Insig/Kwêla-romanwedstryd.
· Haar dogter, Naomi Meyer, se debuut-jeugroman, Ruik jy die filmster?, het in 2006 verskyn.

Boeke steeds in druk

Laduma vir die liefde, Mirre/Tafelberg (2011)
Sondag van die silwer see
, Mirre/Tafelberg (2010)
Die inkvoël, Tafelberg (1997) 

Bekronings

Sanlamprys vir jeuglektuur – goud (1985) – Die sakmense
Credo-prys (1986) – Die sakmense
Sanlamprys vir jeuglektuur – silwer (1988) – Oor die nek van die draak
Volkskasprys vir jeugliteratuur (1989) – Op Filippa se planeet
Andrew Murray-toekenning (1989) – ’n Pot vol winter
Sanlamprys vir jeuglektuur – goud (1990) – Plek van dolfyne
Sanlamprys vir jeuglektuur – brons (1992) – Spinnekopsomer
Katholische Kinderbuchpreis der Deutschen Bischofskoferenz (1993) – Tintelvogel
ATKV-prys (1994) – Smaartie is skeel

Lys van publikasies

Prosa

1991 Verste grens (roman)
1997 Ruitevrou (roman)
1998 Marike (biografie)
2002 Jacoba Afrikaner (roman)

Jong volwassenes

1984 Moedhou, Maria, dis donkermaan
1989 ’n Pot vol winter
1991 In die hemel eet ons mieliepap
1991 Keerpunt

Tienerboeke (12-15 jaar)

1985 Gezina en die bruin wind
1985 Rowe val af
1988 Oor die nek van die draak
1989 Op Filippa se planeet
1992 Geagte mej. Snob
1992 Spinnekopsomer

Kinderboeke (9-13 jaar)

1984 Die bomelaars
1984 Grys kat, grys kat, jy laat vir Anja hoes
1984 ’n Pakkie mieliepitte
1984 Swart Griet is vas
1985 Die Sakmense
1987 Die inkvoël
1988 Goue fluit, my storie is uit
1988 Is Gideon dan ’n swartskap?
1989 Zek en die skoenlappers van die nag
1990 Plek van dolfyne
1993 Smaartie is skeel

Jong kinders (5-8 jaar)

1982 My dik boek
1983 Ons mooiste Kersfees

Vertalings

’n Pakkie mieliepitte (1984)
Engels (Sidwell’s seeds, 1984), Duits (Sidwell und der Müllhaldenmann)

Gezina en die bruin wind (1985)
Engels (Ring around the moon)

Die inkvoël (1987)
Engels (The Ink Bird en in Amerika as The Paper Bird), Duits (Tintenvogel), Nederlands (De Inktvogel)

Geagte mej. Snob (1992)
Engels (Dear Miss Snob)


Uittreksels uit resensies

“Maartens openbaar hier beslis ’n fyn aanvoeling vir situasieskepping en natuurlike dialoog. Daarby is sy ’n ervare en versigtige skryfster.” – Marina le Roux oor Plek van dolfyne, Die Burger (1990)

Boeke deur hierdie skrywer

Inkvoël, Die Sakmense, Die Sondag van die silwersee  (ePDF) Ryker as Dawid (ePub) Sondag van die silwer see (ePub)