Oor Hierdie Boek

Rebecca

Wilna Adriaanse
Liefdesverhale

Ook beskikbaar as ‘n luisterboek by Audible.com. Luister na ‘n uittreksel hier. 

Wilna Adriaanse se deurbraakboek is nou weer beskikbaar!

Op vyf-en-twintig is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte” werk. Verkieslik een wat opwindend is en 'n groot salaris betaal.

Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen. Maak nie saak dat die pos nooit in ‘n koerant geadverteer is nie. Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 275.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Rebecca

Skrywer: Wilna Adriaanse
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624048206
Vrystellingsdatum: 01 Oktober 2009
Formaat: Sagteband, 346pp

Oor hierdie skrywer

Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Sy het egter op Worcester grootgeword en matrikuleer in...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...