Oor Hierdie Boek

Operasie droomvrou

Jade Mc Menamin
Liefdesverhale

Elmien se beste vriend en geesgenoot, Riekert, daag op ’n dag onverwags met groot nuus by haar voordeur op – hy het sy droomvrou gevind. Altans, hy het haar gesién, maar in plaas van ’n glasskoen het dié Aspoester haar inkopielys verloor. 

Elmien besluit sy sal Riekert help om die droomvrou op te spoor met behulp van die inkopielys, al beteken dit sy gaan hom by iemand anders gelukkig moet sien. Sy hoor ook voortdurend haar oorlede ouma se stem in haar kop terwyl sy met haar gevoelens worstel. Boonop het Elmien se ma ook meer as een eiertjie te lê oor hoe dinge eintlik moet verloop. 


Die twee vriende se planne neem links en regs allerlei vreemde en komiese wendings totdat albei onvermydelike besluite moet neem.
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Operasie droomvrou

Skrywer: Jade Mc Menamin
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624085270
Vrystellingsdatum: 20 Maart 2019
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Jade Mc...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...