Oor Hierdie Boek

Ter wille van geluk

Naretha Franken
Liefdesverhale

Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy haar eksman, Christiaan van Breda, se naam op ’n lêer.    
Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar – haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie – kon wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy manewales te keer.   
Daar is egter ook soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan se fisioterapeut te wees? Belangriker nog: Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het? 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ter wille van geluk

Skrywer: Naretha Franken
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624086277
Vrystellingsdatum: 20 November 2018
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Naretha Franken is in die Caledon-distrik gebore. Sy voltooi matriek in 1979 aan Namakwaland Hoërskool op Springbok...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...