Oor Hierdie Boek |
 |
Onverwags myne
Susan Pienaar
Liefdesverhale
Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip.
Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed – ’n mooi man is almal s’n. Haar nuwe buurman is egter ’n regte bleeksiel en sy het ’n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red. Leonardo weet dat hy moet wegbly van die mooie Amanda af. Maar daar begin ’n pragtige vriendskap tussen die twee ontwikkel en mettertyd kan hulle nie hul oë of hande van mekaar afhou nie.
Hy leef egter ’n leuen en die waarheid kan dinge tussen hulle lelik beduiwel. Dalk kan hulle tog aan ’n ooreenkoms dink wat vir beide partye tot voordeel sal strek?
Koop Hierdie Boek |
 |
Meer Inligting |
 |
|
 |
Prys (BTW ingesl.):
R 95.00
Verkrygbaar by:
|
|
Onverwags myne
Skrywer: Susan Pienaar
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624085669
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2018
Formaat: Sagteband, 224pp
|