Oor Hierdie Boek

Helene de Kock Keur 2

Helene de Kock
Liefdesverhale

Hierdie drie verhale wat by mekaar aansluit, sal groot plesier aan al Helene de Kock se baie lesers verskaf, en bevestig opnuut haar fyn vermoë om ingewikkelde persoonlike verhoudings oop te skryf.
“Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie.”

Drie liefdesverhale wat by mekaar aansluit:


Man van kaliber is die verhaal van Jessica en haar uiteindelike ontdekking dat ’n mens se onvolmaaktheid juis sy menslikheid openbaar. Sy ontmoet vir Karel en Kiewiet, sien weer haar ou liefde, Daniël. Maar watter een het werklik “kaliber”?

In Vrou van formaat is Danika vies vir mans: ’n vrou moet modelmooi wees of sy is niks in hul oë nie. Van kleins af stry sy teen dié onregverdigheid. En sedert daardie traumatiese aand in Frankryk, het “mooi” vir haar finaal ’n vloekwoord geword!

Mense van faam gaan oor tweelingsusters. Debora, die koel advokaat, reken die Mynhards is net ’n klomp snobs. Die sprankelende Diana wil egter graag deel word van dié wynboer-clan, en Debora word teen haar wil ook ingetrek. Maar sy besef vinnig dat daar meer agter dié familie skuil as slegs ’n naam.

 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 245.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Helene de Kock Keur 2

Skrywer: Helene de Kock
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780798176439
Vrystellingsdatum: 20 Oktober 2017
Formaat: Sagteband, 368pp

Oor hierdie skrywer

Helene de Kock is op 21 November 1943 op Sabie in die destydse Oos-Transvaal gebore, die oudste dogter van ds. Herman...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...