Oor Hierdie Boek

Louisa du Toit Omnibus 11


Liefdesverhale

In Om alles te weet arriveer Nelis Hoffman op Driekolk om die plaasskooltjie van ondergang te red. Die bruuske Boel Meyer dreig Nelis implisiet om van sy meisie Nida Thirion weg te bly. Nelis kom egter as loseerder in die Thirion-huis te lande . . .
In Jaar van die feniks vind Addie Richter ’n tuiste by die Alants wat haar altyd vakansies by hulle geneem het aangesien sy ouerloos en in ’n kinderhuis was. Dokter Bresler Bohlkamp, in wie se spreekkamer sy werk, is nors, maar mooi Willem Alant vergoed daarvoor. Kan haar geluk duur, of sal dit in as versink? 
En in Prys vir die son kom Bato Frankel, jong wewenaar met twee kinders, een wintersdag op die dorp aan waar hy ingrypende intrige op die lyf sal loop. Sy hart het hy agtergelaat by Lenta, die jong orrelis. Hier kom kruis sy pad met dié van twee susters: die diensbare Connie en die mooi maar bitter Annette. Sal die son hoegenaamd weer weer vir hom skyn, en teen watter prys?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Louisa du Toit Omnibus 11

Skrywer:
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624083283
Vrystellingsdatum: 20 Julie 2017
Formaat: Sagteband, 512pp

Oor hierdie skrywer

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...