Oor Hierdie Boek

ENA MURRAY KEUR 6 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

In Skynglans van die maan is Deidre Retief toegespits op die hoë, suiwer noot. Maar dan versplinter die rou wanklanke soos fyn skerfies glas in haar keel. . . Pynliker nog is die eggo van Neil Maritz se voorspelling: Hardloop maar agter die skynglans van die maan aan – dis bar en bitter eensaam daar. Kan die blaasvlam van die lewe die splinters van haar hart weer aanmekaarsmelt?

In Wewenaar van groene weide lei Manda Maree se raad aan die verwende Jeanette de la Rey daartoe dat Rocco de la Rey beweer sy pleegkind se verdwyning is háár skuld. Nou is dit haar plig om Jeanette op te spoor en so word Manda betrek by die weë van miljoenêrs en speurders. Selfs die liefde word versuur deur die haas perfekte Lucille Herbst.

En in Terug na Kolkbaai keer Hannelore ná elf jaar na dié vissersdorpie terug. Baie van haar ou kennisse is nog daar . . . tot haar spyt. Dit sluit in die een mens wat sy nié wil sien nie: Oloff Bernardi, aan wie haar hart behoort het in hul teerder jeug.


Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

ENA MURRAY KEUR 6 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624072959
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2015
Formaat: ePub

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...