Oor Hierdie Boek

Liefde in laslap

Elsa Winckler
Liefdesverhale

Kinderboekillustreerder Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se gulhartige mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer en saam begin kuier. Die aantreklike Neethling Meyer se sjokoladebruin oë wat heeltyd op haar rus, onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop uit die bloute soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie.

Maar Neethling is ’n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Het hy dan nie gereeld ’n nuwe pop aan die arm nie? Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie.

Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in ’n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?

 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 100.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Liefde in laslap

Skrywer: Elsa Winckler
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624072287
Vrystellingsdatum: 05 April 2015
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Elsa Winckler is in 1953 op Upington gebore. Sy het matrikuleer aan die Hoërskool Upington waarna sy haar op...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...