Oor Hierdie Boek

Ena Murray Keur 5 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

In Die kluisenaar van Abendruhe moet Thero van Zyl, die beeldskone sosiale vlinder met ’n geheimsinnige kwaal, teen wil en dank die pad vat in haar rooi sportmotor na die eksentrieke kluisenaarsdokter Emile Fraser se hospitaal in die Drakensberge. Abendruhe word vir Thero nog ’n speelveld om in rond te dartel en van haar hart weg te vlug, maar Emile duld nie speletjies nie . . .

In Sluiers van die nag sluit dokter Ralph Weideman ’n bitter verlede vir Maryke Linde oop. Sy wend haar tot die wildvreemde professor Paul de Vries, en intuïtief kom hy tot haar redding. Maar is hul maskerade oortuigend genoeg om te keer dat Maryke haar laaste waardevolle besitting verloor?

En in die speelse verhaal Junior in saal 7 gee ’n wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het ’n verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ena Murray Keur 5 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624072805
Vrystellingsdatum: 05 April 2015
Formaat: ePub

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...