Oor Hierdie Boek

ENA MURRAY KEUR 4 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

In Baas van Babilon ontstaan die vrae: Sal Salome haar siel behou op hierdie tradisieryke erfgrond waarin die bitterheid, haat en tweespalt soveel diep onstuimige rivierlope uitgekerf het? En kan die baas van Babilon ooit weer méns word?

In As die wiel draai word die ryk Killians van Ebenhaeser bankrot verklaar, en tuimel al Charlene se lugkastele vir haar toekoms ineen. Want dit lyk of ’n toekoms as bywoners hul voorland is . . . Wraak, weerwraak en hartstog vier hoogty. En sal die wiel weer draai?

En in Vyf vir vreugde moet dr. Louwda Louw, kindersielkundige, tot haar eie verbasing vind dat sy instemmend antwoord op ’n onverwagse huweliksaanbod van Ruben Brynard, ’n verbitterde prokureur. Hy het boonop vyf onhebbelike kinders . . . Hoe gaan hierdie vrou, wat al net so sinies oor die lewe geraak het as haar man, haar jammerlike situasie in vreugde omskep?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

ENA MURRAY KEUR 4 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624071723
Vrystellingsdatum: 10 Desember 2014
Formaat: Sagteband, 512pp

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...