Oor Hierdie Boek

Reënboog in die sand

Dirna Ackermann
Liefdesverhale

Sanita het ’n geheim. Twee dekades gelede moes sy ’n baba afgee en ’n jeugliefde daarby. Maar sy’t aanbeweeg, getrou en ’n seun, Hanko, bygekry, en ’n lewe geskep saam met haar man. Hul gastehuis, Waaiwater, is haar lewe ná Markus se dood.

Maar nou wil alles inmekaar tuimel: Develcor het groot planne vir Sanita se rustige kusdorpie en hul bouery gaan haar besigheid lelik knou. En watter Develcor-indoena is daarheen gestuur om met Sanita te onderhandel? Einste Fourie Burger wat sy destyds so onwillig moes agterlaat, einste Fourie wat nog al die jare niks weet van hul kind nie . . .

Nou is Fourie hier, in haar gastehuis, en hul tienerjare se vonke is nog geensins geblus nie. Maar hoe gaan die twee mekaar weer vind en verby die lang jare se verswyging kom, tussendeur die hele Develcor-drama, Hanko se weerbarstige-tiener-probleme en Fourie se skok oor die onverwagse nuus dat hy iewers ’n mondige seun het?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 100.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Reënboog in die sand

Skrywer: Dirna Ackermann
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624070931
Vrystellingsdatum: 10 Desember 2014
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Dirna Ackermann (gebore Liebenberg) het in Windhoek skool gegaan. Sy het aan die einde van haar vyfde...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...