Oor Hierdie Boek

Lang pad na liefde

Amelia Strydom
Liefdesverhale

Vroedvrou Anouk doen dinge op háár manier. Sy maak al jare lank haar dogtertjie alleen groot, so al rondreisend van die een Overstrandse kampeerterrein na die ander, en selfs as Anouk snags moet uitgaan na ’n geboorte kom sy en klein Skyla goed reg, dankie. Sy’t g’n ’n man nodig nie.
Maar wanneer ’n geboorte skeefloop en Anouk in ’n regsgeding betrokke raak, kom hy weer oor haar pad: Die groot tienerliefde vir wie sy nie goed genoeg was nie, wat haar as net nog ’n jol beskou het . . . wat haar swanger gemaak en toe weggedryf het.

Of so onthou Anouk sake. Rossouw is nou ’n spesialis in die mediese reg en moet haar wanpraktyksaak hanteer, en hy het ’n heel ander interpretasie van wat jare gelede tussen hulle twee gebeur het. Toe hy leer Skyla is syne, is hy vuur en vlam om dinge tussen hom en Anouk weer te laat werk.

Maar hulle’t albei soveel bagasie oorgehou, en boonop raak Skyla net toe baie ernstig siek. Anouk en Rossouw het reeds ’n swaar pad gestap, maar daar lê nog langpad voor . . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Lang pad na liefde

Skrywer: Amelia Strydom
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624070955
Vrystellingsdatum: 10 Desember 2014
Formaat: Sagteband, 244pp

Oor hierdie skrywer

Amelia Strydom is in 1974 in Johannesburg gebore. Sy het in Gauteng grootgeword in ‘n huisgesin wat rondom boeke...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...