Oor Hierdie Boek

Om Amelie se tafel

Elsa Winckler
Liefdesverhale

Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy’t ’n bietjie bagasie – en wie het nogal nie?

Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie ’n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld op sy kop gedraai. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk.

Wanneer sy Chris leer ken en besef hy’t ’n groot, luide familie – presies die soort wat sy so graag om ’n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood – is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy’s net té veel moeite?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 100.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Om Amelie se tafel

Skrywer: Elsa Winckler
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624070184
Vrystellingsdatum: 20 September 2014
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Elsa Winckler is in 1953 op Upington gebore. Sy het matrikuleer aan die Hoërskool Upington waarna sy haar op...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...