Oor Hierdie Boek

Om ’n reënboog te vang

Ettie Bierman
Liefdesverhale

Jong onderwyseres Kylie is ’n geskeide vrou, nie ’n onskuldige meisietjie nie. So die kaalbas casanova in haar buurvrou se huis behoort haar darem nie só baie te ontstig nie! Maar dan kom dit uit Justin is haar nuwe buurman. A nee a, sy’s veronderstel om ná haar egskeiding ’n mannehater te wees, wat is dit nou met haar en die vlinders?

Kylie hou haar hardekoejawel, maar sy misreken haar – so maklik gee sjarmante boukontrakteur Justin nie op nie. Maar haar eks Rynhard is nog nie uit die prentjie nie en wil Kylie met alle mag en geweld terugwen. Boonop vertel haar ma – en Rynhard self – haar voortdurend dat sy kamstige affair nooit ooit gebeur het nie.

Justin se hulpvaardigheid en bedagsaamheid laat Kylie se skanse sak. Hy maak kos, versorg seerplekkies, terg haar oor saam mango’s eet in die bad . . . Hulle praat glad van trou. Maar hoe kry Kylie Rynhard van haar deur af weg?

Wanneer Justin se amper-eksvrou haar boonop begin dreig, weet Kylie nie watter kant toe nie. Die verleidelike nuwe man . . . of haar ewe sexy eks met wie sy so ’n lang geskiedenis het?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Om ’n reënboog te vang

Skrywer: Ettie Bierman
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624070245
Vrystellingsdatum: 20 September 2014
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Ettie Bierman is ’n alombekende, immer gewilde skrywer van romantiese verhale. Dié boeke het gewoonlik...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...