Oor Hierdie Boek

Wag-’n-bietjie-liefde

Susan Pienaar
Liefdesverhale

Alex was sielkundestudent Amber se groot hoërskool-crush. Dié begeerlike ouer broer van haar beste vriendin, Mandie, was egter ver buite haar bereik, en in elk geval het Amber haar les geleer: Haar pa was ’n mooie man en haar ma het swaar gely weens sy ontrou. “Pasop vir mooi mans,” so het Amber se ma haar geleer. 

Maar nou, jare later en met ’n mislukte verhouding agter Amber se rug, is Alex weer in die prentjie. As sy geweet het hy is op pad terug Suid-Afrika toe, sou sy nie sommer die werk aanvaar het as sy broer se au pair nie. Hier’s sy nou vasgekeer: Sy gaan saam op vakansie na Mandie se ouers se huis naby Bela Bela, met Mandie en albei haar broers. Sy’t te kampe met Alex se sjarme – en ongeskiktheid, genade, maar die man kan ’n buffel wees – en die jaloerse Doreen, Mandie se ander broer se meisie, wat heimlik ’n ogie op Alex het.

Wanneer Amber ’n naarheid met ’n njala-ram oorkom, word die skaars-onderdrukte ding tussen haar en Alex op die spits gedryf . . . Maar wat is daar tussen hom en sy sekretaresse, Liefie? Kan Amber dit waag om hierdie mooi man te vertrou?
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Wag-’n-bietjie-liefde

Skrywer: Susan Pienaar
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624068006
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2014
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Susan is in PE gebore en het as kind oraloor Suid-Afrika gewoon. Sy het in Johannesburg gematrikuleer en het haar daarna...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...