Oor Hierdie Boek

Christine le Roux-omnibus 6

Christine le Roux
Liefdesverhale

Die sesde omnibus van een van ons gewildste liefdesverhaalskrywers sluit een van haar heel bekoorlikste verhale in: Die glasappel is ’n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is, en waarin ons vir ’n verandering na die liefde deur die man se oë kyk. Die suksesvolle argitek Theo Senekal was tot dusver nog nooit sonder ’n mooi meisie aan sy sy nie, maar nou is daar ’n verstrooide meisie wat dink hy is ’n messelaar en wat hom heeltemal deurmekaar maak. 
 
In die tweede verhaal, Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink. In Die groen maan gaan dit oor die probleem waarvoor so baie mense te staan kom: of hulle met hul hart of hul kop moet besluit oor die liefde.  
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Christine le Roux-omnibus 6

Skrywer: Christine le Roux
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780798166102
Vrystellingsdatum: 20 Mei 2014
Formaat: Sagteband, 480pp

Oor hierdie skrywer

Christine le Roux was 'n skuilnaam van Eleanor Baker.

Eleanor Elizabeth Baker is op...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...