Oor Hierdie Boek

Eiland van drome

Malene Breytenbach
Liefdesverhale

Wanneer Irene Basson, ’n bekwame jong psigiater van Kaapstad, deur haar baas, Nicholas Barton, kleinseun van die skatryk Georgios Nikos, gevra word om ’n posisie te aanvaar by sy familie se nuwe luuksekliniek op ’n Griekse eiland, stem sy ná oorweging in – wie sal só ’n glansryke lewe nou versmaai?

Aanvanklik is sy en Nicholas op formele voet. Wanneer hy egter vir Irene vra om sy halfbroer Gary, wat met skisofreniese steuring gediagnoseer is, te behandel, leer sy hom en die glansryke Nikos-familie beter ken. Dan daag Irene se voormalige pasiënt, die oorlogskorrespondent Bob Butcher, by die kliniek op. Nét Irene mag sy behandeling vir posttraumatiese stres verder hanteer, en hy is duidelik persoonlik te geheg aan haar.

Terwyl Bob struweling tussen Irene en Nic veroorsaak, leer Irene ook meer van die Nikos-clan se troebel familieverhoudinge. En móét daar tog soveel vroue om die aantreklike Nic draai? Wanneer Irene hom verdink van ’n affair met ’n bekende aktrise en pasiënt, struikel die nuwe verhouding tussen haar en Nic byna. Sal hierdie haakplek, en Bob se voorbarigheid, nie dalk genoeg wees om sake tussen hulle twee te laat skipbreuk ly nie? En dan’s daar nog Georgios Nikos se familiedinge …
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Eiland van drome

Skrywer: Malene Breytenbach
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624065012
Vrystellingsdatum: 12 Desember 2013
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Malene Breytenbach is op 1 September 1948 in Port Shepstone gebore. Haar ouers het na Rhodesië (tans Zimbabwe)...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...