Oor Hierdie Boek

Laat Lente (ePub)

Linda Joubert
Liefdesverhale

Toe Lina Op ’t Hoff op Schoonaanzicht, die erfplaas van die Van Brakels, aanland, het sy gewonder wat die toekoms vir haar sou inhou. Maar dat haar tot dusver eentonige bestaan so ingrypend sou verander, het sy selfs nie in haar wildste drome vermoed nie.

As goewernante van die gebreklike Fleurette, ’n kind met ’n oumens se ervaring, bevind sy haar midde in die drama wat rondom haar afspeel. Heel gou besef sy dat alles nie pluis is nie. Daar is die glibberige Josephine wat Fleurette moet oppas, en wat agterdogtig deur die huis sluip. Daar is die betekenisvolle blikke, ontwykings en beledigende insinuasies omtrent die dood van die wonderskone mevrou Van Brakel ses maande tevore. Watter rol het die geheimsinnige baas van die plaas, Johannes van Brakel, gespeel, en hoe was hy by dit alles betrokke?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Laat Lente (ePub)

Skrywer: Linda Joubert
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780798153522
Vrystellingsdatum: 02 April 2009
Formaat: ePub, 128 pp

Oor hierdie skrywer

Linda Joubert is die skuilnaam wat Henriette Grové (1922-2009) in die sestigerjare gebruik het vir haar meer...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...