Oor Hierdie Boek

Schalkie van Wyk Keur 5 (ePub)

Schalkie van Wyk
Liefdesverhale

Anderkant môre wag geluk: ’n Vakansie op haar oom se wynplaas is net wat Nicky le Riche nodig het om van haar hartseer te vergeet en helderheid te kry oor dr Erich de Lange, wat al so lank met haar wil trou. Sy aanvaar ’n pos as privaatverpleegster vir tant Monica Volkema en wanneer Reinder haar kom oplaai plaas toe, ontketen sy onwetend ’n hele kettingreaksie van afguns, konkelary en misverstand. Wie sou kon dink dat sy haar in so ’n draaikolk van liefde, jaloesie en intrige sou begewe?

Lise Kirsten se geaardheid bring sonskyn aan al die inwoners van Heimat – almal behalwe die hovaardige en verwaande Herman Raubenheimer. Terwyl Lise die verpleegster vir tant Renate is, en Deidré se kameraad, is sy vir Herman niks meer as ’n arm verpleegster wat haar suster se foute moet regmaak nie. Dis net oom Jopie wat sien dat die Son van liefde wil-wil deurbreek in hulle verhouding.

In ’n Bruid vir Eduard lyk Liesel Botha se toekoms rooskleurig wanneer Martin Eloff haar vir ’n naweek Durban toe nooi. Maar gou kom sy agter dat hy minder edele bedoelings het. Gelukkig is die lang, donker vreemdeling daar wat tot haar redding kom – en dis niemand anders Eduard Stegmann nie, die man wat haar tante Salomina en oom Barend vir haar as trouman gekies het. Maar Eduard het iemand anders in die oog en Martin verklaar sy ewigdurend liefde. En dit lyk asof die twee ou mense se drome verydel gaan word ...

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Schalkie van Wyk Keur 5 (ePub)

Skrywer: Schalkie van Wyk
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052104
Vrystellingsdatum: 08 April 2007
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Schalkie van Wyk woon in Johannesburg. Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...