Oor Hierdie Boek

Vlam van verlange (ePub)

Schalkie van Wyk
Liefdesverhale

Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Sy is nou wel alleen, maar haar lewe is uitsorteer; sy weet immers van kindsdag af sy gaan trou met Vincent, die buurseun, alhoewel sy ma haar nie kan verdra nie.

Maar die aantreklike Meyer Feldtmann daag soos ’n boemelaar in ’n ou geroeste bakkie voor haar glaspaleis op en gooi haar wêreld deurmekaar. Sy ontdek sy het ’n tant Emma, huisdokter op Henningshoogte, én hoe dit voel om werklik verlief te wees.

Die vlam van verlange na ware liefde brand hoog terwyl sy gekonfronteer word met geheime en jaloesie. Moet sy met Vincent trou of sal sy by Meyer, ’n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind?

Tot haar ontsteltenis vind Carli uit Meyer het sy eie geheim ...

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Vlam van verlange (ePub)

Skrywer: Schalkie van Wyk
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052166
Vrystellingsdatum: 08 April 2007
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Schalkie van Wyk woon in Johannesburg. Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...