Oor Hierdie Boek

Beenaf bokkie (ePub)

Dirna Ackermann
Liefdesverhale

Die bodem val uit Candy Cilliers se wêreld toe haar ouers feitlik oornag álles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar oom, Fouché Mulder, en sy is die een wat die gelag moet betaal. Letterlik. Hy verwag van haar om vir hom te gaan huishou, êrens in die grammadoelas waar hy sowaar toelaat dat mense onskuldige bokkies met gewere jag, en haar kwasterige ouma te help versorg.

Candy arriveer op die plaas met 'n verstuite enkel, midde-in die familietwis, en vind gou haar stadsmaniertjies en rykmansdogtergeite staan haar “oom” glad nie aan nie. Fouché is arrogant, baas-spelerig, en wat haar betref nie juis modelmateriaal nie. Hy is boonop allesbehalwe oud en mansmens genoeg om enige vrou die vlaktes in te jaag van frustrasie.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Beenaf bokkie (ePub)

Skrywer: Dirna Ackermann
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051701
Vrystellingsdatum: 15 Desember 2010
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Dirna Ackermann (gebore Liebenberg) het in Windhoek skool gegaan. Sy het aan die einde van haar vyfde...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...