Oor Hierdie Boek

Victoriavalle van liefde (ePub)

Lizet Engelbrecht
Liefdesverhale

Dokter Emesia, wat pas haar eie praktyk gekoop het, maak teensinnig ’n belofte aan haar sterwende vriendin om vir drie maande as verpleegster by die Rhodes-Inn in Livingstone, Zambië te gaan werk. Emesia het egter haar eie plan: sy wil die Fransman, Rex, wat op haar elfde verjaarsdag aan haar belowe is, ontmoet en hopelik terugbring Suid-Afrika toe.

Wanneer sy in Livingstone kom, is dit egter nie Rex wat haar hart laat vinniger klop nie, maar Deon, sy buite-egtelike broer. Dit wil net lyk asof Deon aangetrokke is tot haar. Maar dan begin die vonke spat, want Rex probeer alles in sy vermoë om die hotel te verkoop en Deon, wat weer sy erfenis ten alle koste wil behou, glo vas Emesia konkel saam met Rex . . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Victoriavalle van liefde (ePub)

Skrywer: Lizet Engelbrecht
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051749
Vrystellingsdatum: 01 Desember 2010
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Lizet Engelbrecht is 'n gekwalifiseerde personeelbestuurder.

Sy en haar man het tot einde 2008 in Lusaka...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...