Oor Hierdie Boek

Meulenhof se mense (ePub)

Linda Joubert
Liefdesverhale

Hierdie verhaal het oorspronklik in 1956 in Sarie Marais verskyn.

Dis 1904 en Annemarie Herbst kom uit die Karoo op ’n Bolandse dorpie, De Rust, aan om onderwys te gee aan die Seminarium. Sy loseer by Meulenhof se mense, drie oujongnooisusters wat weens finansiële probleme gedwing word om haar in te neem. Meulenhof is ’n ou Kaaps-Hollandse opstal en al wat van die Vermeulen familie se vervloë rykdom oorgebly het.

Die oudste suster, Sarah, is al vyf-en-dertig en oorheers haar twee jonger susters. Sy klou verbete vas aan alles waarvoor Meulenhof staan.

Annemarie kom gou agter dat alles nie pluis is nie en in die volgende maand of drie snuffel sy die storie uit. In nege briewe aan haar kêrel, vertel sy die susters se verhaal – die gebeure wat aanleiding gegee het tot Sarah Vermeulen se verlowing vyftien jaar gelede aan ’n “paddastoeldelwer” van Kimberley, die verbreking van dié verlowing, en hoe Sarah se trots en hardkoppigheid haar en haar susters se lewens vir vyftien jaar lank tot stilstand gebring het.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 250.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Meulenhof se mense (ePub)

Skrywer: Linda Joubert
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780798154260
Vrystellingsdatum: 09 Mei 2008
Formaat: ePub, 128pp

Oor hierdie skrywer

Linda Joubert is die skuilnaam wat Henriette Grové (1922-2009) in die sestigerjare gebruik het vir haar meer...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...