Oor Hierdie Boek

Engel in die teater (ePub)

Naretha Franken
Liefdesverhale

Engela, teatersuster in murg en been, keer terug hospitaal toe ná langverlof. Nie net lyk die gebou binne en buite nuut nie, maar dit spog ook met ’n hele paar vreemde gesigte, waaronder ’n nuwe dokter, Johan Kotze, en superintendent Gerhard De Beer.

Engeltjie, soos die personeel haar noem, beland egter sommer met die intrapslag aan die superintendent se verkeerde kant, tot so ’n mate dat die verpleegsters dink hulle moet liewer ingryp. In dokter Johan Kotze ontdek Engela weer ’n opregte vriend, iemand met wie sy ’n lang pad sou kon loop . . . as haar hart en haar kop tog net wou saamstem. En as Gerhard net meer wou lag, ’n bietjie meer mens wou wees!

Sal daar ooit ’n krakie in sy pantsermondering kom sodat Engela ’n kykie agter sy onstuimige bruin kykers kan kry? Wat is dit aan haar wat Gerhard so ongedurig maak?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Engel in die teater (ePub)

Skrywer: Naretha Franken
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624058724
Vrystellingsdatum: 13 Desember 2011
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Naretha Franken is in die Caledon-distrik gebore. Sy voltooi matriek in 1979 aan Namakwaland Hoërskool op Springbok...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...