Oor Hierdie Boek

Ettie Bierman Keur 7 (ePub)

Ettie Bierman
Liefdesverhale

Koue water en kaviaar: Carina is gelukkig getroud, maar Tinus se prokureursklerk-salaris hou kwalik die pot aan die kook. Wanneer sy egter uitspring en werk kry by ’n uitgewery, voel Tinus in sy eer gekrenk. En boonop is die uitgewery se hoofbestuurder ’n sjarmante, aantreklike duiwel . . .

Marietjie, Maraia, Maryne: Lugwaardin Maryne Landman kry dit hotagter. Sy het pas haar kêrel afgesê, en dan word sy byna deur ’n besope passasier verwurg. Nou vrees sy boonop dat sy deur kaptein Wessel Raubenheimer afgedank gaan word, want hulle was uit die staanspoor haaks met mekaar.

Onrus op Rustfontein: Wat gebeur wanneer drie pragtige niggies saamgegooi word op die ewe lieflike Laeveldplaas van hul ouma, met ’n uiters aantreklike boer op die buurplaas? Dit lei mos net tot moeilikheid . . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ettie Bierman Keur 7 (ePub)

Skrywer: Ettie Bierman
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624053965
Vrystellingsdatum: 13 Desember 2011
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Ettie Bierman is ’n alombekende, immer gewilde skrywer van romantiese verhale. Dié boeke het gewoonlik...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...