Oor Hierdie Boek

Sonnet sonder woorde (ePub)

Ettie Bierman
Liefdesverhale

Valdi en haar niggie Fiela het lank gespaar vir hul Europese vakansie. Hulle kom op die ingewing van die oomblik ook na Capri, maar binne minute van hul aankoms, sien Valdi al in haar geestesoog hoe die hele vakansie in ’n opperste nagmerrie ontaard. Want wie tref sy op dié idilliese eiland aan? Niemand anders nie as haar groot skoolliefde, Duard, die een wat haar hart gebreek het, haar in die afgrond in verneder het, haar stoksielalleen met die gebakte patats gelos het . . .

Van vlug terug vasteland toe kom daar boonop nie veel nie. Daarvoor sorg ’n beseerde Fiela, nou wel per ongeluk, maar sy’s ook nie juis spyt nie –
daar’s immers meer as een aantreklike Afrikanerman op die eiland.

Hoe gaan Valdi se seer hart Duard se nabyheid oorleef? Al het dinge tussen hulle reeds nege jaar gelede skeefgeloop, moet sy uiteindelik aan haarself erken dat sy nog nooit oor hom gekom het nie . . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Sonnet sonder woorde (ePub)

Skrywer: Ettie Bierman
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624054528
Vrystellingsdatum: 20 April 2012
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Ettie Bierman is ’n alombekende, immer gewilde skrywer van romantiese verhale. Dié boeke het gewoonlik...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...