Oor Hierdie Boek

Hartstog op see (ePub)

Malene Breytenbach
Liefdesverhale

Nuweling-skeepsverpleegster Justine was allermins op ’n manvang-missie toe sy die pos op die luukseskip die Moon Goddess aanvaar het. Sy wil ’n bietjie die wêreld sien en interessante mense ontmoet – en, as sy eerlik is, ontsnap van haar dokter-eks, Jacques.

Maar wat gebeur sodra sy aan boord stap? Dis net mans oral: die sexy Griekse eerste-offisier George Klopas, vrolike offisier Jim Sylvester, wat dadelik ’n ogie op haar het, die gladde Ierse dobbelaar Pat O’Neil, en haar belangrikste pasiënt, sir Geoffrey Percy en sy snobistiese familie wat saam reis. Natuurlik is daar ook die onweerstaanbare hoofdokter, Ruben Barnard, maar hy is heeltemal onbeskikbaar. Al is dit ook juis hý wat Justine bevriend en haar hart so vinnig laat klop . . .

Spoedig is Justine betrokke in die mengelmoes verhoudings wat op so ’n vakansieskip kan ontstaan. Daar’s mans wat vra om met haar te trou, skimme uit haar verlede wat hoogs onverwags opdaag, en boonop lastige passasiers wat links en regs verlief raak op mediese personeel. Dit alles teen die romantiese agtergrond van ’n Mediterreense skeepsvaart. Hoe gaan Justine se hart dit hou?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Hartstog op see (ePub)

Skrywer: Malene Breytenbach
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624054566
Vrystellingsdatum: 20 April 2012
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Malene Breytenbach is op 1 September 1948 in Port Shepstone gebore. Haar ouers het na Rhodesië (tans Zimbabwe)...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...