Oor Hierdie Boek

Eksklusief uit Eden (ePub)

Marida Fitzpatrick
Liefdesverhale

Mia Bindemann skryf vir ’n lewe. Maar anders as wat sy graag wil, skryf sy nie artikels of nuusberigte nie. Sy skryf sepie-opsomminkies vir Nuusweek se TV-gids. Haar lewensdroom is om ’n gerekende nuusjoernalis te wees, maar haar redakteur, die vreesaanjaende Grethe Vivier, dink sy is tot weinig meer in staat as om baie stysel in kort rukkies te verorber. Dan kry sy haar kans: Nuusweek stuur haar na Bahrein, ’n eksotiese woestyneiland in die Midde-Ooste, ’n plek bekend as die Tuin van Eden. Sy moet ’n artikel gaan skryf oor ’n bomontploffing op ’n veerboot waarin baie Suid-Afrikaners dood is. Maar dit kan nie sommer enige artikel wees nie, waarsku Grethe haar vooraf. Sy moet ’n scoop kry – eksklusief vir Nuusweek.

In Bahrein wag daar meer opwinding en beproewings op Mia as wat sy ooit vir haarself of vir ’n sepiekarakter kon droom. ’n Boheemse duiker genaamd Eric voer haar weg op ’n Midde-Oosterse towertapyt van geure, genot en gevaar. Met die son in sy blonde krulhare, is Eric vir Mia ’n onweerstaanbare engel – al val daar soms skadus oor sy seeblou oë. Deur Eric leer ken sy die wonders van Bahrein, maar ook die eiland se donker kant: Islamitiese fundamentalisme en terrorisme. En dan is daar die ambisieuse Malan Retief, hoofverslaggewer van Verslag, wat met Mia meeding om die scoop. Met sy ontwerperskoene, stoppelbaard en geamuseerde glimlag maak hy Mia se lewe ondraaglik. En tog gaan haar hart aan die klop elke keer as ’n e-pos van hom met ’n pieng in haar inboks land…

In die storm van Eric se versoekings, Malan se planne en die Taliban se terroriste, sukkel Mia om bo-op haar towertapyt te bly. En net as sy dink sy het haar balans mooi gevind, ruk die liefde die mat onder haar uit.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Eksklusief uit Eden (ePub)

Skrywer: Marida Fitzpatrick
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051831
Vrystellingsdatum: 08 September 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Marida Fitzpatrick het in Secunda grootgeword. Sy het haar honneursgraad in joernalistiek (cum laude) aan die...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...