Oor Hierdie Boek

Sabina’s (ePub)

Nadia de Wet
Liefdesverhale

Lexi het ‘n hele paar probleme teen die tyd dat sy Johannesburg verruil vir Simonsrivier. Daar is die regsgeding teen haar gewese vennoot, haar peperduur prokureur met die blink kantoor in die hartjie van Sandton en háár Eric wat twee jaar gelede die pad gevat het, ‘n maand later sy trouvrou ontmoet het en Lexi met ‘n groot Eric-vormige gat in haar hart gelaat het. Boonop het sy twee selibate jare agter die rug - en dít kan nogal impak hê op ‘n vrou se positiewe lewensuitkyk.

Wanneer Christine, haar eksentrieke tante, Lexi oorreed om ‘n gastehuis op Simonsrivier te kom oopmaak, huiwer sy dus nie te lank nie, al is haar kulinêre vaardighede onder verdenking en al weet sy bitter min van besigheid af. ‘n Kok word aangestel en gou-gou blyk dit dat sy nóg ‘n probleem op hande het. Helmut, die kok sonder betroubare verwysings en ‘n voorliefde vir harde Duitse marsmusiek, begin vir Lexi taamlik onstabiel lyk. Gelukkig is Michelle, haar siniese, stokende, maar bowenal kókende, vriendin daar om haar te help om Sabina’s op die been te kry. Saam met haar en die liewe Pierrie, Simonsrivierer met “ondervinding van guest houses” wat tert, sjerrie en troos aandra, begin Lexi kans sien vir haar nuwe begin.

Maar dan, op ‘n dag, lig Michelle Lexi versigtig in dat Eric haar as te needy beleef het in hulle tyd saam. Hierdie brokkie inligting vang Lexi onkant, veral omdat Liam, die liedjieskrywer, pas sy sexy verskyning gemaak het. Terwyl sy wonder oor die betekenis van needy en Liam se verhouding met Brenda, sien sy Liam se bakkie klokslag een keer ‘n week voor Weiland, die plaaslike geestesgesondheidsentrum, staan. “Great,” dink Lexi. Nét wat sy alles op een slag nodig het: ‘n ding vir ‘n kunstenaar met sondige heupe, sielkundige probleme én ‘n meisie; ‘n kok met ‘n wilde kyk in sy oë; ‘n bankrekening wat al verder in die rooi terugsak en Sabina’s se mediabekendstelling wat soos ‘n hoëspoed Japannese trein nadersnel.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Sabina’s (ePub)

Skrywer: Nadia de Wet
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052098
Vrystellingsdatum: 08 September 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Nadia de Wet het ‘n aantal kortverhale en artikels in Rooi Rose, Wegbreek en Huisgenoot...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...