Oor Hierdie Boek

Ena Murray Omnibus 31 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

In ’n Malva in Vinkelstraat word jong dominee Werner de Waal gul deur sy eerste gemeente op Wilgersdrift verwelkom. Maar dit is dieselfde mense wat gou-gou soos een man teen hom draai. ’n Dorp soos Wilgersdrift vergewe nie maklik nie, veral nie as ’n buitestander hul ongeskrewe reëls oortree nie.

Lisé, Ena se heel eerste roman (in 1960 geskryf), is ’n roerende verhaal oor ’n bedorwe rykmansdogter wat moet hoor dat sy nie sommer net lomp is en swak motor bestuur nie: sy is besig om blind te word. Aanvanklik wil sy niks weet van haar dokter se voorstel dat sy op ’n vriend van hom se plaas kan gaan bly tot tyd en wyl sy haar gebrek leer aanvaar nie, maar wanneer die wêreld finaal om haar verdonker, laat sy toe dat dokter Justus haar na Uitvlug neem.

En in Sê groete vir Pappa bedank Reino Vos as predikant nadat sy vrou, Chrisma, hom onverwags tydens ’n sinodesitting verlaat. Hy word hoof van die Sonopkinderhuis en kom weer in kontak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie Reino se vrou weggeloop het. ’n Innige vriendskap ontwikkel mettertyd tussen Rita en Reino... totdat ’n nuwe meisie tot die kinderhuis toegelaat word.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ena Murray Omnibus 31 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624053842
Vrystellingsdatum: 08 September 2011
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...