Oor Hierdie Boek

Ena Murray Omnibus 28 (ePub)

Ena Murray
Liefdesverhale

In Tromme van onheil hou Anka se besoek aan haar tante Izabelle in Papoea Nieu-Guinee onverwagte avonture. Sy en haar medereisigers vaar ál dieper die reënwoude in, en een van die dae is dit weer volmaan – en sal die kannibale ’n slagoffer eis . . .

In Die wit koningin kies die mooie Alice koers na Noord-Afrika, en later word sy dwarsoor die Sahara bekend as die wit koningin. Sy voer ’n skrikbewind en sal nie rus voordat haar geliefde se moord gewreek is nie . . .

En in Sluiers van wierook is Ida Herbst vas van plan om haar pa en ’n span geoloë te vergesel op hul soektog na water in die grootste woestyn van Saoedi-Arabië. Sy kom honger wolwe, gewetenlose rowerbendes en sandstorms teë, en onverwags . . . die liefde.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ena Murray Omnibus 28 (ePub)

Skrywer: Ena Murray
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624058359
Vrystellingsdatum: 01 Desember 2010
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...