Oor Hierdie Boek

Schalkie van Wyk Keur 6 (ePub)

Schalkie van Wyk
Liefdesverhale

In Die kroonprins van Kaiserburg loop Gretha Wolmarans op Blumenstrauss ’n aantreklike vreemdling raak, en sy raak op hom verlief. Maar Friedrich Falkenstein is nog nie gereed om sy hart vir liefde oop te maak nie, want hoe kan hy ’n meisie sy liefde bied as hy steeds ’n “optelkind” is wat nie weet wie sy ouers is nie?

Aan die einde van die reënboog vertel die opwindende verhaal van Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, wat die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer te probeer opspoor. Sy raak betrokke by ’n “Engelse offisier” . . . maar is hy wie hy voorgee om te wees?

In Kammaland van liefde begin Leonie van Breda ’n nuwe lewe op Heidedal, in tant Heidi se imposante woning. Sy probeer van haar verlede ontsnap, maar hier ontmoet sy drie mense wat haar toekoms in die holtes van hul hande hou.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Schalkie van Wyk Keur 6 (ePub)

Skrywer: Schalkie van Wyk
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624050247
Vrystellingsdatum: 09 April 2007
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Schalkie van Wyk woon in Johannesburg. Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...