Oor Hierdie Boek

Susanna M. Lingua Gunstelinge 2 (ePub)

Susanna M. Lingua
Liefdesverhale

Die bruid van Blouberg: Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas ’n paar toutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet nakom, anders erf Wouter Fouché alles. Geen Brank kon nog ooit nee sê vir ’n uitdaging nie, maar weet Lecia dat dié voorwaardes behels dat Wouter ’n sê het oor haar liefdeslewe en dat sy moet leer boer? 

'n Lang, vreemde pad: Was dit nie vir die skoonheidskompetisie nie, sou Elise Eybers se pad seker nooit met dié van markies Germano de Nobrega gekruis het nie. Hul liefde raak ’n verterende vlam . . . tot ’n jaagduiwel op ’n motorfiets haar geheue in inkswart duisternis dompel en hul liefde op ’n vreemde kronkelpad geplaas word.

Blom van Venesië: Die beeldskone Terri Massyn is ewe tuis is in ’n aandrok as in haar ligblou oorpak op ’n trekker of ’n perd se rug. Toe sy haar by haar suster op die Italiaanse eiland Santa Teresa aansluit ná haar swaer se dood, ontmoet sy die sjarmante maar dominerende graaf Marco de Castellano – wat glad nie geneë is met sulke “onvroulike” gedrag van ’n dame nie. Wie gaan vir wie tem in die magstryd tussen die donker edelman met sy konvensionele idees en die tenger, blonde vuurvreter uit Suid-Afrika?
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Susanna M. Lingua Gunstelinge 2 (ePub)

Skrywer: Susanna M. Lingua
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624057369
Vrystellingsdatum: 20 April 2012
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Susanna M. Lingua het reeds op sestienjarige ouderdom begin skryf, maar haar werklike skrywersloopbaan het in 1952 begin...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...