Oor Hierdie Boek

Ontmoet my in Patong (ePub)

Madeleine Malherbe
Liefdesverhale

Laura Els is glad nie baie gelukkig in die hospitaal waar sy verpleeg nie. Miskien is dit omdat haar kêrel, Braam, weg is Engeland toe. Of dalk is dit nog die nadraai van die tsoenami-gebeure. Wat ook al, Laura besluit om Engeland toe te gaan, na Braam toe. Maar voor dit wil sy eers terug Thailand toe vir ’n kort vakansie om deur die herinneringe van die tsoenami en haar tyd daar te werk.

In Thailand ontmoet sy toevallig weer die Engelse sakeman, Francis, wie se lewe sy destyds gered het. Die aantrekkingskrag tussen hulle skryf Laura toe aan die feit dat sy hom destyds gered het. Natuurlik sal so iets mens nader aan mekaar bring! En sy is immers nog verlief op Braam. In Patong het die lewe egter sy eie loop...

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ontmoet my in Patong (ePub)

Skrywer: Madeleine Malherbe
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052043
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Madeleine Malherbe is die skrywer Eleine Roets se doopname, en skuilnaam. Sy is gebore in Pretoria, maar haar kinderjare...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...