Oor Hierdie Boek

Soete verleiding (ePub)


Liefdesverhale

Koeksisters en kolwyntjies, melktert en pampoendol, rosynebrood, suikerbolletjies, lallimala, tameletjies, alles afgesluk met plaaslike wyne of Turkse koffie – dít is wat Sharise van Harte se teekamer jou bied. Want Sharise het met kos grootgeword. Na die dood van haar man was sy verplig om uit te spring en iets te doen. Daarom dat sy die teekamer op die rivierwal net buite Worcester gekoop het.

Dat haar jeugliefde Jacques du Plessis na jare se verblyf in Frankryk weer sou terugkeer, kon Sharise nie voorsien nie. Hulle het destyds aan mekaar trou beloof, maar nou, jare later, lyk dinge heel anders. Sy is seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – al kom hy gereeld in die teekamer. Want sy was immers getroud. En hy het ’n verhouding met die model-mooi Suzette.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Soete verleiding (ePub)

Skrywer:
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624049616
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2010
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...