Oor Hierdie Boek

Annelize Morgan Omnibus 2 (ePub)

Annelize Morgan
Liefdesverhale

Pad na die skavot is ’n spanningsvolle Kaapse verhaal. Vir Celèste du Toit is Armand de Bordeaux meer as ’n werkgewer – hy is haar droomheld. Sy weet egter dat haar drome oor hom drome sal bly, want hy is ’n graaf, ’n skatryk edelman, en sy ’n gewone bediende. Maar dan bevind sy haar in ’n avontuur wat haar hele lewe omverwerp.

In Erfenis van liefde is Camille Rambart ’n pragtige negentienjarige meisie wat in ’n krot grootword nadat goewerneur Willem Adriaan van der Stel haar pa sy inkomste uit ruilhandel ontneem het. Op ’n dag daag ’n aantreklike, ryk jong man op met ’n aanbod wat Camille voor ’n pynlike keuse stel: As sy dit aanvaar, is daar uitkoms vir haar familie, maar dit sal ’n opoffering verg wat haar lewe kan verwoes.

Die vergete era van die gouddelwers – ’n goue era vol verdriet en ekstase – word in Goud in die skemer weer lewendig gemaak. Mitzi Brandt is ’n tenger meisie, maar taai – haar toekoms moet gebou word op ’n kis goud wat sy met haar eie hande help delf het. Dié goud raak die spil waarom al haar geliefdes se lewens draai.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Annelize Morgan Omnibus 2 (ePub)

Skrywer: Annelize Morgan
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624053712
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2011
Formaat: ePub, 512 pp

Oor hierdie skrywer

Annelize Morgan is ‘n ou hand wat liefdesverhale betref. Sy het meer as 40 titels agter haar naam en is bekend vir...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...