Oor Hierdie Boek

Annelize Morgan Omnibus 1 (ePub)

Annelize Morgan
Liefdesverhale

In Bruid van die woestyn word Colette Bertrand se skip op pad na die Kaap de Goede Hoop deur seerowers oorval. Sy en vier vriendinne word as slavinne verkoop; ’n lewe van vernedering en wanhoop wag in die woestyn op haar. Daar is egter een van die mans wat op haar bie, die aantreklikste man wat sy nog gesien het, wat haar hoop gee. . .

Woestynwind oor Jawarah: Ara die slavin was eens op ’n tyd Jaqueline Berrault. Op tienjarige ouderdom is sy ontvoer en as slavin verkoop. Nou moet sy, in ’n poging om haar vryheid te herwin, deur die gevreesde Rub’al Khali-woestyn reis. Elke dag bring egter net meer verraad en groter gevaar, sodat sy later niks meer oor het nie buiten vae herinneringe aan die Kaap, haar geloof . . . en die gedoemde liefde van sjeik Omar bin Garraf.

Hart van die Groot Woestyn: Vir die Rashad-stam van die Groot Woestyn is die Swaard van Abdurraghman die simbool van vrede. Maar die swaard is weg en die Rashad-broers roei mekaar uit.

In Kaap de Goede Hoop kry Caroline Duncan die opdrag van haar ma: vind die swaard en verbreek die vloek. Want Caroline se ma het jare terug die swaard versteek toe sy saam met ’n Engelsman Arabië verlaat het. Is Caroline egter Arabier genoeg om voor Omar Rashad te staan?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Annelize Morgan Omnibus 1 (ePub)

Skrywer: Annelize Morgan
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624049555
Vrystellingsdatum: 08 Junie 2010
Formaat: ePub, 512 pp

Oor hierdie skrywer

Annelize Morgan is ‘n ou hand wat liefdesverhale betref. Sy het meer as 40 titels agter haar naam en is bekend vir...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...