Oor Hierdie Boek

Liefde met gevoel

Helena Hugo
Liefdesverhale

 Laerskoolonderwyser Magriet sit in ’n penarie met Walter. Sy’t gedink hy’s die een, maar o wee! ’n Seevakansie by sy ouerhuis, waar daar van haar verwag is om heeldag en aldag vis te vang, vis te eet, vis te bewerk . . . Dis nou vir haar duidelik dat hulle nie vir mekaar bedoel is nie, en nie net oor die vis nie – maar hoe om van hom ontslae te raak? 

Wanneer sy boonop weens ’n besering fisioterapie moet kry, en haar terapeut die mooiste man is wat sy in haar hele lewe gesien het, raak die saak kritiek. Maar Pierre, die fisio, het ’n vreeslik sexy meisie en is in elk geval hoogs professioneel met Magriet; sy staan nie ’n kans nie. Tog . . . ’n meisie mag darem droom . . .
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Liefde met gevoel

Skrywer: Helena Hugo
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624056379
Vrystellingsdatum: 20 September 2012
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...