Oor Hierdie Boek

Tryna du Toit Omnibus 7 (ePub)

Tryna du Toit
Liefdesverhale

Die wit ringmuur: Vir Cathy is die wit ringmuur om die geskiedkundige opstal ’n simbool van haar beskermde lewe. Sy wil wegbreek, haar eie paadjie loop en die lewe daarbuite ervaar. Wanneer sy haar verlowing met Andries Louw verbreek, besef sy dat die einde van ’n hoofstuk aangebreek het. Anderkant die ringmuur wag die wye wêreld, wink die toekoms. Nooit het sy kon droom dat sy sou wil terugkeer na die beskerming van die ringmuur nie.

Rooi Malvas:
Op ’n deftige troue sien Tina Louw weer vir Philip Serfontein, ’n jeugvriend, maar haar hart behoort aan Hein Venter wat op skei staan. ’n Week voor die egskeiding finaal sou word, beland Hein se vrou, Lalie, egter in ’n ongeluk en word die egskeiding uitgestel. Dan is daar ’n selfmoordpoging en krisis volg op krisis. Uiteindelik is dit ’n pot rooi malvas wat ’n verrassende wending bring.
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Tryna du Toit Omnibus 7 (ePub)

Skrywer: Tryna du Toit
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780798156196
Vrystellingsdatum: 20 Augustus 2012
Formaat: ePub, 428pp

Oor hierdie skrywer

Die bekende romanskrywer Tryna du Toit (die skuilnaam van Catherina Charlotte Kotzenberg née du Toit) is op 13...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...