Oor Hierdie Boek

Ruiter van my drome (ePub)

Schalkie van Wyk
Liefdesverhale

Zandri was sewe jaar lank weg van Wyedraai, waar sy as kind salige vakansies by haar grootoom op sy perdeplaas deurgebring het.

Die dorpie gons nou behoorlik: Hier kom sy aangery in ’n gekrokte viertrekvoertuig, en ’n gesiene familie van die dorp het haar in Londen, waar sy die afgelope jare gebly het, aangetref met ’n kind . . . háár kind, buite die eg, het sy kwansuis vir hulle gesê. Ou vriende kyk haar nou met afkeer aan en Ferdinand, haar tienerliefde, het baie verander. Maar dis niks, sy is lankal oor hom.

En tog . . . waarom is haar lewe skynbaar verstrengel met syne? Kan sy hoop om mee te ding met die vrou uit sy verlede, die een wat volgens sy tant Ragie sy hart gebreek het en hom vir ander vroue ruïneer het? En wat tog van die kind?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Ruiter van my drome (ePub)

Skrywer: Schalkie van Wyk
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624054603
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2012
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Schalkie van Wyk woon in Johannesburg. Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...