Oor Hierdie Boek

Louisa du Toit Omnibus 6 (ePub)

Louisa du Toit
Liefdesverhale

Dryfhout is die aangrypende verhaal van 'n jong onderwyseres wat in 'n maalstroom van emosies beland. Petro en Danie het reeds op laerskool gekys geraak. Aan haar gevoel vir hom twyfel sy nie, en hulle brand om te trou. Daar ontstaan egter 'n sterk, wedersydse aanvoeling tussen haar en haar nuwe skoolhoof, Louis Paulter. 

In Gesig van die lewe word liefde, eensaamheid en wanaanpassing op eienaardige maniere openbaar in die losieshuis van Sarah Bird. Want waar kom sulke dinge beter aan die lig as wanneer ’n groep mense onder een dak saamgegooi word? 

En in Uur van die pêrel keer Brenda en Nico terug na Suid-Afrika nadat hulle op ’n oorsese toer ontmoet en verlief geraak het. Haar nuwe tuiste is Nico se mielieplaas, Mooifontein. Maar nou begin hulle mekaar eers wérklik ken . . . en probleme begin toenemend in die verhouding opduik.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Louisa du Toit Omnibus 6 (ePub)

Skrywer: Louisa du Toit
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624054825
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2012
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Louisa du Toit is die skuilnaam wat Engela van Rooyen vir van haar ligter verhale gebruik.

Engela van Rooyen...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...