Oor Hierdie Boek

Liefde in die skemering

Lizet Engelbrecht
Liefdesverhale

Ook beskikbaar as 'n e-boek.

Monique se passie is verpleging en haar pasiënt, die ryk ou Matty Olsen, se welsyn is haar enigste prioriteit – of dit wás totdat sy vir Joseph ontmoet het. Hy is ’n man met geheime en ’n misterieuse geskiedenis. Hy’s net moeilikheid, en sy probeer holderstebolder om die emosies dood te druk wat sy onsekere bruin oë in haar aanwakker. 
 
Maar Joseph is ’n gas in oom Matty se huis en toe hy oornag “kleinkindstatus” verkry, kom Monique se handskoene af – sy duld nie fortuinsoekers nie! Sy weet Joseph wil oom Matty net gebruik om agter die kap van die byl te kom wat sy eie geskiedenis betref, terwyl sy tot die dood vir oom Matty sal veg.
 
Vonke spat tussen die twee uiterstes: Joseph wat op soek is na ’n verlede en sy wat hare probeer vergeet. Hulle is gewikkel in ’n wedloop teen die waarheid, en Monique moet byna met haar lewe boet . . .
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 99.95

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Liefde in die skemering

Skrywer: Lizet Engelbrecht
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624054634
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2012
Formaat: Sagteband, 224pp

Oor hierdie skrywer

Lizet Engelbrecht is 'n gekwalifiseerde personeelbestuurder.

Sy en haar man het tot einde 2008 in Lusaka...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...