Oor Hierdie Boek

Elza Rademeyer Omnibus 5

Elza Rademeyer
Liefdesverhale

Ook beskikbaar as 'n e-boek.

In Raaisel van die liefde is Brian die mooiste man wat Pikkie nog gesien het. Sjarmant en wêreldwys – en boonop ken hy nie die einde van sy geld nie. Maar kan sy hom vertrou? Is hy wat hy voorgee om te wees – of het hy ook maar voete van klei, soos al die ander . . .?
 
In Klippie in die skoen wil Tobie ’n ouerige dame aanstel om sy kinders op te pas. Maar dan daag die bloedjong, ongekunstelde Jantjie – kwansuis sy niggie – op om dié pos te vul.
 
En in Verlange na Brandersbaai gaan hou Lizette en Wanda vakansie by die see. Daar leer ken Lizette vir Tom. Ook ontmoet sy die aantreklike Hennie.  Ná die vakansie ontdek Lizette sy is swanger met Hennie se kind. Sy vertel hom nie daarvan nie, aangesien hy verloof is aan Riana. Ná die bevalling word die vriendskap tussen Lizette en Tom hegter. Tom vra haar om met hom te trou. Hulle moet egter rekening hou met die moedswillige en jaloerse Maria, suster van Tom se eertydse verloofde.
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Elza Rademeyer Omnibus 5

Skrywer: Elza Rademeyer
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624054849
Vrystellingsdatum: 20 Junie 2012
Formaat: Eboek e-Pub

Oor hierdie skrywer

Elza Rademeyer het haar die afgelope dekade bewys as ’n baie gewilde liefdesverhaalskrywer. Van haar mees bekende romans...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...