Oor Hierdie Boek

Waar liefde vonkel (ePub)

Marilyn Bennett
Liefdesverhale

Yvette Malherbe se ambisie om in Frankryk te gaan leer sjampanje maak, neem haar na die Château de Vancy in Champagne. Dit is ook die plek waarvandaan haar ouma Jonelle de Vancy as vlugteling na Suid-Afrika gekom het. Watter onvergeeflike sonde, behalwe om buite die eg swanger te raak, het haar ouma gepleeg? Wie is haar oupa en watter euwels vind nog heeltyd daar op Vancy plaas?

In Frankryk raak Yvette in die familiesake verstrik. Terwyl sy probeer om die geheime te ontrafel, is daar ’n ander uitgeworpene, verbitterd en wrokkig, wat vroue op Vancy weerd verkrag en vermoor.

Yvette raak hier, soos haar tragiese ouma Jonelle, op die verkeerde man verlief, al weet sy dat dit vir haar net hartseer en skade kan berokken.

Een vir een word die tergende geheime geopenbaar, tot op die laaste. . .

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Waar liefde vonkel (ePub)

Skrywer: Marilyn Bennett
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052197
Vrystellingsdatum: 08 Desember 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Marilyn Bennett is die skuilnaam van Malene Breytenbach.

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...