Oor Hierdie Boek

Romanse agter die skerms (ePub)

Helena Hugo
Liefdesverhale

Colette kyk elke maand in haar gunsteling tydskrif wie hierdie keer die held van die maand is. In ‘n kompetisie wat net so gewild soos Idols is, wen een gelukkige meisie ‘n naweek saam met daardie maand se held op ‘n romantiese gasteplaas. Colette glo nie juis so ‘n afpaar vir ‘n naweek – boonop met die media konstant naby – kan baie romanties wees nie.

In ‘n konkelary, skryf haar vriende by die tydskrif vir Colette in en sorg dat sy ‘n week wen saam met die Desemberheld: Emile. Maar Emile is juis die een man saam met wie Colette nié wil wees nie. Want hy hét al haar hart gebreek. En sy kan hom nie verdra nie. Sal hierdie naweek hulle weer bymekaar bring? Of is dit die aantreklike Antoine de La Roche wat Colette se hart sal verower?

Romanse agter die skerms is weer ‘n lekker verhaal uit Helena Hugo se pen – hierdie keer met ‘n spook of twee wat lesers lank sal vermaak.

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Romanse agter die skerms (ePub)

Skrywer: Helena Hugo
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624052074
Vrystellingsdatum: 08 Desember 2008
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...