Oor Hierdie Boek

Satyn Omnibus 2 (ePub)

Helena Hugo , Ettie Bierman , Anita du Preez
Liefdesverhale

In Helena Hugo se Soete verleiding koop Sharise ’n teekamer net buite Worcester. Een van die besoekers daar is haar jeugliefde Jacques, pas terug van oorsee, Sharise is egter seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – sy was immers intussen getroud, en hy is in ’n verhouding met die model-mooi Suzette.
 
In Ettie Bierman se Die paradysman keer  Tinka ná drie jaar in Parys terug na Pretoria. Haar seepbel het gebars en boonop het sy, net voor sy weg is, die held van haar drome – haar paradysman – se hart gebreek. Die hart praat ’n taal wat ’n vrou nie altyd verstaan nie . . .  
 
En in Anita du Preez se Dokter Dierbaar vind Victoria se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter plaas toe sy hom vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Die man is baie aantreklik, maar daar was – en is dalk steeds – hope vroue in sy lewe, veral as ’n mens die koerante en tydskrifte se skinderrubrieke moet glo . . .
 

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 255.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Satyn Omnibus 2 (ePub)

Skrywer: Helena Hugo , Ettie Bierman , Anita du Preez
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624051718
Vrystellingsdatum: 20 Oktober 2012
Formaat: ePub, 512pp

Oor hierdie skrywer

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...