Oor Hierdie Boek

Van altyd af (ePub)

Elsa Winckler
Liefdesverhale

Cilla is ’n hoërskoolonderwyseres op die klein Overbergse dorpie Caledon. Haar groot liefde is diere – perde in die besonder – en sy kan van kleins af met hulle kommunikeer.

Toe Reynecke Retief se hings probleme gee, vra sy plaasbestuurder haar om te help uitvind wat die perd pla, maar dis gou vir haar duidelik dat Reynecke haar nie vertrou nie. Trouens, hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor, en haar intuïtiewe benadering staan hom geensins aan nie. Maar sy diepblou oë en swart krulhare is vir haar vreeslik bekend. Het sy hom nie al iewers ontmoet nie?

Langbeen, donkerkop Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om. Daar is soveel hartseer in sy verlede . . . sal hy ooit teenoor himself kan erken dat Cilla van altyd af vir hom bedoel is?

Koop Hierdie Boek

Meer Inligting

Prys (BTW ingesl.):

R 95.00

Verkrygbaar by:

Koop Nou

Van altyd af (ePub)

Skrywer: Elsa Winckler
Kategorie: Liefdesverhale
ISBN: 9780624058731
Vrystellingsdatum: 13 Desember 2011
Formaat: ePub, 224pp

Oor hierdie skrywer

Elsa Winckler is in 1953 op Upington gebore. Sy het matrikuleer aan die Hoërskool Upington waarna sy haar op...

Skryf 'n Liefdesverhaal

Skryf 'n Liefdesverhaal     Jy is 'n ywerige liefdesverhaalleser en nou is jy reg om jou eie liefdesverhaal te skryf. Skuif...
Lees meer...